Nothing Special   »   [go: up one dir, main page]

Zimbabwe

republiek in Suider-Afrika

Zimbabwe, amptelik die Republiek Zimbabwe (Engels: Republic of Zimbabwe), is 'n landingeslote land geleë in Suider-Afrika en begrens deur Zambië in die noordweste, Mosambiek in die noordooste, Suid-Afrika in die suide en Botswana in die suidweste. Die land het eers as Suid-Rhodesië, 'n Britse kolonie, bekendgestaan en van 1965 af as Rhodesië, genoem ná Cecil John Rhodes. In 1965 het Suid-Rhodesië eensydig sy onafhanklikheid verklaar en in 1970 'n republiek geword. Ná 'n jare lange vryheidsoorlog en daaropvolgende onderhandelinge het Rhodesië in 1980 amptelik Zimbabwe-Rhodesië geword en aansluitend die Republiek Zimbabwe.


Republiek Zimbabwe[nota 1]
Vlag van Zimbabwe Wapen van Zimbabwe
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity, Freedom, Work[1]
(Engels vir: "Eenheid, vryheid, werk")
Volkslied: Blessed be the land of Zimbabwe[2]
(Engels vir: "Geseënd is die land van Zimbabwe")
Ligging van Zimbabwe
Hoofstad Harare

17°50′S 31°3′O / 17.833°S 31.050°O / -17.833; 31.050

Grootste stad Harare
Amptelike tale Nyanja, Sena, Engels, Kalanga, Tshwa, Nambya, Ndau, Noord-Ndebele, Tsonga, Shona, Gebaretaal, Suid-Sotho, Tonga, Tswana, Venda, Xhosa[3]
Regering

President
• 1ste adjunkpresident
• 2de adjunkpresident
Unitêre dominante party
presidensiële republiek
Emmerson Mnangagwa
Constantino Chiwenga
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
Zimbabwe-Rhodesië
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
11 November 1965
1 Junie 1979
18 April 1980
15 Mei 2013
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
390 757 km2  (60ste)
150 872 myl2
1
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
16 150 362[4] (73ste)
12 973 808[5]
26 / km2 (170ste)
67,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$34,822 miljard[6]
$2 282[6]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$18,904 miljard[6]
$1 239[6]

MOI (2015) 0,516[7] (154ste)  –  laag
Gini (1995) 50,1[8] –  hoog
Geldeenheid Zimbabwe Goud (-)
Tydsone
 - Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .zw
Skakelkode +263
a Die Zimbabwiese dollar word nie meer gebruik nie nadat dit deur die regering weens hiperinflasie amptelik opgeskort is. Die Amerikaanse dollar (US$), Suid-Afrikaanse Rand (R), Botswana pula (P), Pond sterling (£), Euro (€), Indiese roepee (₹), Australiese dollar (A$), Sjinese Renminbi (元/¥) en Japannese Jen (¥) word nou in plaas daarvan gebruik.[9][10] Die Amerikaanse dollar is aanvaar as die amptelike geldeenheid vir al die regering se transaksies.
Nasa-Satellietbeeld van Zimbabwe

Zimbabwe beslaan 'n oppervlakte van 390 757 km² en het 'n bevolking van 16 150 362 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Harare, tot 1980 Salisbury. 'n Ander belangrike stad is Bulawayo.

Zimbabwe is 'n multi-etniese land en die Mashona vorm die belangrikste inheemse etniese groep, gevolg deur die Ndebeles. Dié land het 16 amptelike tale, waaronder Engels, Shona en Noord-Ndebele die mees verspreide tale vorm.

Op 15 November 2017, na een jaar se protes teen sy regering asook Zimbabwe se vinnig dalende ekonomie, is Mugabe tydens 'n staatsgreep deur dié land se gewapende magte onder huisarres geplaas.[11][12] Op 19 November 2017 het ZANU–PF Robert Mugabe gedwing om as partyleier af te dank en deur die voormalige adjunkpresident Emmerson Mnangagwa vervang.[13] Op 21 November 2017 het Mugabe sy bedanking aangebied voordat die vervolgingsverrigtinge voltooi is.[14]

Fisiografies

wysig
 
Kaart van Zimbabwe

Zimbabwe beslaan 'n gedeelte van die groot plato in Suider-Afrika. Die hoëveld met 'n lengte van 1 525 meter het twee hoofriviere, naamlik Zambezi in die noorde en Limpopo in die suide. Die Karibameer is net stroomaf van die Victoria-waterval in die Zambezi op die grens met Zambië en is een van die grootste mensgemaakte mere in die wêreld.

Die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is 230 km lank en word in sy geheel deur die Limpoporivier gevorm. Die belangrikste grenspos is Beitbrug langs die Beitbrug-Bulawayo Spoorweg.

 
Die Zimbabwe-voël is die nasionale simbool van Zimbabwe

Die ontwerp van Zimbabwe se huidige vlag is op 18 April 1980 aanvaar. Die vlag van Zimbabwe het sewe horisontale bande groen, goud, rooi, swart, rooi, goud, groen en 'n swart omlynde wit driehoek met 'n rooi vyfstralige ster en 'n goue voël.

Elkeen van die bande het 'n simboliese betekenis. Groen versinnebeeld die flora en natuurlike hulpbronne van Zimbabwe, goud versinnebeeld die rykdom aan minerale, rooi simboliseer die bloed wat tydens die vryheidstryd vergiet is, swart versinnebeeld die swart bevolking, die wit driehoek simboliseer die vrede en die "pad vooruit", die rooi ster versinnebeeld die internasionalisme en vrede, maar weerspieël ook die sosialistiese oortuigings van die regerende party. Die "Zimbabwe-voël" is ontleen aan 'n afbeelding uit die bouvalle van die geskiedkundige stad Groot-Zimbabwe en dien tans as Zimbabwe se nasionale embleem.

Klimaat

wysig

Zimbabwe lê in 'n tropiese klimaat en het gemiddelde temperature van 15,6 °C in die winter en 21,1 °C in die somer. Die gemiddelde reënval vir Zimbabwe is 890 mm vir die hoëveld en 610 mm vir die middelveld.

Geskiedenis

wysig

Ryk van Monomotapa

wysig
 
Die bouvalle van die ou hoofstad Groot-Zimbabwe

Die vroeë geskiedenis van die Koninkryk van Monomotapa (wat eintlik "Heer van die Myne" beteken) is onbekend; dit het reeds sedert die Middeleeue bestaan. Naas die hoofstad Groot-Zimbabwe met sy ringmuur, tempel en tweeverdiepinghuise wat uit stene gebou is, was daar honderde dorpe waarvan sommige ook 'n stadskarakter getoon het. Landbou, veeteelt en mynbou was die ekonomiese fondament van die ryk. Danksy die goudmynbou kon die koninkryk handel met Arabiere, Perse en Ethiopiërs dryf. Goud, ivoor en slawe is teen speserye, yster, sout en ander Oosterse ware geruil. Met die agteruitgang van die goudmynbou het die mag van die konings verswak; 1607 moet hulle die myne aan die Portugese afstaan. 1629 het die koninkryk 'n vasalstaat van Portugal geword. Die Portugese begin ook koper, yster, lood en tin te ontgin en het landbou op grootplase bedryf. Na die ondergang van die ryk in die 18de eeu het dit tussen 1889 en 1890 Britse koloniale besit en 1923 'n deel van Suid-Rhodesië geword.

Rhodesië

wysig
 
Ian Smith in 1975

Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië (die huidige Zambië) en Njassaland (die huidige Malawi) is in 1953 as die Sentraal-Afrikaanse Federasie verenig, wat tot 1963 bestaan het. Die blanke regering van Suid-Rhodesië, onder leiding van eerste minister Ian Smith het in 1965 onafhanklikheid verklaar, maar dit is nie deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Nasies erken nie. Ten spyte van die instel van politieke en ekonomiese sanksies kon Rhodesië sy onafhanklike status in stand hou.

In 1970 het Rhodesië 'n republiek geword. Die regering het in 1971 'n ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk gesluit wat die erkenning van onafhanklikheid en die invoering van algemene stemreg ten doel gehad het.

Die swart opposisie, wat veral uit die bevrydingsbewegings ZANU en ZAPU bestaan het, het in die tydperk tussen 1973 en 1980 'n gewapende stryd teen die blanke regering gevoer. Alhoewel daar reeds in 1975 gesprekke oor 'n nuwe grondwet gevoer en in 1979 'n swart regering onder biskop Muzorewa gevorm is, het 'n algemene verkiesing eers in 1980 plaasgevind. Zimbabwe het daarna onder leiding van die eerste minister Robert Mugabe onafhanklik geword.

Zimbabwe

wysig
 
Robert Mugabe in 1982

Die politieke situasie was tydens die laaste jare van Robert Mugabe se presidentskap onstabiel. Die onderdrukking van die opposisiepartye, die onteiening van blanke boere en die sloping van krotbuurte en stadswyke, waar inwoners verdink is om aanhangers van die opposisie te wees, is in die buiteland met skerp kritiek bejeën. Terwyl die Suid-Afrikaanse regering die régime in Harare met lenings gesteun het, is Zimbabwe deur die Amerikaanse regering onder die tirannieë van die wêreld gereken.

Zimbabwe se inflasiekoers was in Julie 2007 met 4 500% die hoogste ter wêreld.

Buitelandse betrekkinge

wysig
 
Diplomatieke missies van Zimbabwe in die buiteland

Die buitelandse betrekkinge van Zimbabwe fokus op nou bande met die Volksrepubliek China[15] en Suid-Afrika. Zimbabwe het bilaterale betrekkinge met verskeie lande. Ná Ian Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde Koninkryk in 1965 is Rhodesië se diplomatieke teenwoordigheid dramaties regoor die wêreld teruggerol. Teen die tyd van die Lancaster House-ooreenkoms in 1979 het Rhodesië slegs verteenwoordigende kantore in Londen, Bonn, Pretoria, Washington, D.C. en Tokio gehad. Sendings in Maputo (destyds Lourenço Marques) en Lissabon is in 1975 gesluit ná die Angelier-rewolusie in Portugal. Onder Robert Mugabe het Zimbabwe 'n nuwe buitelandse beleid gevoer wat nouer saamwerk met Afrika-, Oosblok- en Onverbonde-lande. Die hoofstad van die land, Harare, huisves tans 51 ambassades. Verskeie ander lande het ambassadeurs van ander hoofstede, veral Pretoria en Addis Abeba, geakkrediteer.

Ekonomie

wysig

Toerisme

wysig

Zimbabwe beskik oor vyf Unesco-wêrelderfenisgebiede: Groot-Zimbabwe, Khami, Mana Pools, Matopos en die Victoria-waterval.

Administrasie

wysig

Zimbabwe word administratief onderverdeel in agt provinsies en twee stede met provinsiale status, Harare en Bulawayo. Die provinsies word verder onderverdeel in 59 distrikte en 1 200 munisipaliteite (sogenaamde wards) wat elk uit 'n aantal nedersettings bestaan.

Infrastruktuur

wysig

Energiebedryf

wysig
 
Die internasionale lughawe in Harare

Sowat 'n derde van Zimbabwe se elektrisiteit word in waterkragsentrales opgewek waarvan die Karibadamprojek die bekendste en belangrikste is. Toe dit in 1960 beplan is, was dit die grootse hidroëlektriese aanleg ter wêreld. Termiese kragsentrales voorsien in die res van die land se kragbehoefte.

Spoorweë, pad- en lugvervoer

wysig

Zimbabwe se nasionale spoorweë bedryf een van die gevorderdste netwerke in Afrika suid van die Sahara met 'n totale lengte van sowat 2 700 km, waarvan sowat tien persent geëlektrifiseer is. Dit word aangevul deur 'n uitgebreide padnetwerk waarvan 'n vyfde geasfalteer is. Harare se internasionale lughawe verbind die land met bestemmings in Afrika en oorsee. Die nasionale lugvervoernetwerk verbind die grootste stedelike sentra met mekaar.

Sport

wysig
 
Die Zimbabwiese Sewesrugbyspan tydens die Hong Kong Sevens in 2009
 
Die Zimbabwiese nasionale krieketspan tydens hul ODI-wedstryd teen Bangladesj op 23 Januarie 2009 in Dhaka

Cara Black (saam met haar Amerikaanse dubbelspeelvennoot Liezel Huber) en Kevin Ullyett (saam met die Sweedse Jonas Björkman) was van die bestes ter wêreld in tennisdubbelspelkompetisies. Nog beter bekend is egter die uitstekende swemmer Kirsty Coventry, wat met haar Olimpiese oorwinnings in 2004 en 2008 'n volksheldin en baken van hoop vir haar land geword het; sy het aan Zimbabwe al twee goue medaljes op Olimpiese Spele besorg, die enigste ander was deur die nasionale vroueveldhokkiespan tydens die Olimpiese Somerspele 1980 in Moskou.

Sokker is Zimbabwe se gewildste sportsoort. Die Zimbabwiese nasionale sokkerspan kon vyf keer vir die Afrikanasiesbeker kwalifiseer (in 2004, 2006, 2017, 2019 en 2022). Hulle kon egter nog nie vir 'n FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Van die bekende Zimbabwiese sokkerspeler sluit in Benjamin Mwaruwari en Matthew Rusike. Die voormalige nasionale doelwagter Bruce Grobbelaar het in die 1980's en 1990's gespeel vir die Engelse sokkerklub Liverpool FC en saam met hulle talle titels ingepalm. Dynamos FC is tot dusver die enigste Zimbabwiese sokkerklub wat die CAF Kampioene-liga-eindstryd gehaal het.

Rugby is 'n belangrike sportsoort in Zimbabwe en die Zimbabwiese nasionale rugbyspan kon twee keer vir 'n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer (in 1987 en 1991), maar sedertdien het hulle nie meer daarin geslaag nie. Die span word as een van die sterker Afrikaspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias beskou en ding gereeld met ander opkomende rugbyspanne in die Afrikabeker mee. Hulle het dié toernooi al twee keer gewen (in 2012 en 2024) en drie keer as naaswenner geëindig. Van die bekendste Zimbabwiese rugbyspelers sluit in Tonderai Chavhanga, Ian McIntosh, Ray Mordt, Tendai Mtawarira, Bobby Skinstad en Gary Teichmann.

Krieket word veral deur Blanke Zimbabwiërs beoefen en dié land is een van die toetskrieketlande. Die beheerliggaam Zimbabwe Krieket is in 1992 gestig en sedertdien 'n volle lidland van die Internasionale Krieketraad (IKR). Die Zimbabwiese nasionale krieketspan kon van 1983 tot 2015 vir elke krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer, maar sedertdien het hulle nie meer daarin geslaag nie. Zimbabwe het in 2003 saam met Suid-Afrika en Kenia as gasheer van die krieketwêreldbeker opgetree, wat deur Australië gewen is. In November 2021 is Zimbabwe saam met Namibië en Suid-Afrika as medegasheer vir die Krieketwêreldbeker 2027 benoem.[16] Bekende Zimbabwiese krieketspelers sluit in Andy Flower en Brendan Taylor.

Notas

wysig
  1. Die volgende 15 name is amptelik: Republic of Zimbabwe (Engels), Nyika yeZimbabwe (Shona), Ilizwe leZimbabwe (Noord-Ndebele), Dziko la Zimbabwe (Chichewa), Dziko la Zimbabwe (Chisena), Hango yeZimbabwe (Kalanga), Zimbabwe Nù (Khoisan), Inyika yeZimbabwe (Nambya), Nyika yeZimbabwe (Ndau), Tiko ra Zimbabwe (Shangani), Naha ya Zimbabwe (Suid-Sotho), Cisi ca Zimbabwe (Chitonga), Naga ya Zimbabwe (Tswana), Shango ḽa Zimbabwe (Venda), Ilizwe leZimbabwe (Xhosa).

Verwysings

wysig
  1. (en) "Zimbabwe". The Beaver County Times. 13 September 1981. Besoek op 1 Mei 2018. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  2. (en) "Zimbabwe". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Desember 2022.
  3. (en) (Constitution of Zimbabwe (final draft) Geargiveer 2 Oktober 2013 op Wayback Machine).
  4. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 1 Mei 2018.
  5. (en) "Census Results in Brief" (PDF). Zimbabwe National Statistical Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Oktober 2013. Besoek op 25 Augustus 2013.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Zimbabwe". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 1 Mei 2018.
  7. (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2019. Besoek op 1 Mei 2018.
  8. (en) "GINI Index". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020. Besoek op 21 Julie 2013.
  9. (en) "Currency in Zimbabwe". GreenwichMeanTime.com. Greenwich 2000. Besoek op 2 Februarie 2015.
  10. (en) Hungwe, Brian. bbc.com: Zimbabwe’s multi-currency confusion, 6 Februarie 2014, besoek op 1 Mei 2018.
  11. (en) CNN, David McKenzie, Brent Swails and Angela Dewan, (16 November 2017). "Zimbabwe in turmoil after apparent coup". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 1 Mei 2018. {{cite news}}: |last= has generic name (hulp)AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  12. (en) "Zimbabwe's Robert Mugabe confined to home as army takes control". The Guardian. 15 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019. Besoek op 1 Mei 2018.
  13. (en) "Ruling party sacks Mugabe as leader". BBC. BBC. 19 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 1 Mei 2018.
  14. (en) "Zimbabwe's President Mugabe 'resigns'". BBC. 21 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2020. Besoek op 1 Mei 2018.
  15. (en) The Great Wall and the Empty Fortress: China's Search for Security. p. 48.
  16. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 9 Junie 2023.

Bronne

wysig
Algemeen
  • Arnold, Marion: The stone sculpture of Zimbabwe. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 31, nr. 4, September 1982
  • (en) "Zimbabwe". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Desember 2022.
  • (en) "Zimbabwe". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Desember 2022.
  • (af) Louw, A.A. (ds.): Die môrester in Mashonaland. Stellenbosch: C.S.V.-boekhandel, 1954.

Eksterne skakels

wysig