Slag van Spioenkop
Slag van Spioenkop | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
Die Boeremagte by Spioenkop | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zuid-Afrikaansche Republiek | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Sir Redvers Buller Charles Warren Edward Woodgate † Neville Lyttelton Alexander Thorneycroft |
Louis Botha Schalk Willem Burger Hendrik Prinsloo | ||||||
Sterkte | |||||||
30 000 | 8 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
383 | 335 |
Die slag van Spioenkop is sowat 38 km wes-suid-wes van Ladysmith op Spioenkop langs die Tugelarivier, Natal in Suid-Afrika geveg. Dit was tussen die Boere en Britse magte op 23 en 24 Januarie 1900 as deel van die Tweede Vryheidsoorlog, en het gelei tot 'n bekende Britse nederlaag gedurende die Oorlog. Die Britse naam vir die koppie is verkeerdelik opgeneem as "Spion Kop", wat steeds in die literatuur in die Statebond voortleef, alhoewel die aanvaarde en amptelike spelling in Suid-Afrika "Spioenkop" is.
Sir Redvers Buller, bevelvoerder van die Britse magte in Natal, is op daardie stadium oorskadu deur Kommandant-Generaal Louis Botha, en die lot van Ladysmith is nog nie bepaal nie. Buller het opdrag van sy hoofmag aan Generaal Sir Charles Warren gegee, wat besluit het om die Boere langs twee fronte aan te val. Warren het 'n mag onder Brigadier-Generaal Woodgate gestuur om Spioenkop, 'n rotsagtige koppie, op die nag van 23 Januarie te beset, wat gelyk het soos die sleutel tot die Boere se regter-senterflank. Hulle het die koppie feitlik onbeskermd gevind, maar het nie hulleself behoorlik ingeburger nie, 'n feit wat nog meer bemoeilik is nadat hulle nie genoegsame artillerie teen die steil heuwel kon uitsleep nie.
Deurdat hulle van alle kante af ontbloot was vir die Boere se skerpskutters en artillerievuur het hulle swaar verliese gedurende die dag se geveg gelei, met meer as 300 gesneuweldes (insluitend Woodgate) en 1653 gewond, voordat hulle die aand teruggeval het. Die Boeremagte het 50 gesneuweldes en 120 gewondes gehad.
Die pawiljoen Kop Stand by Anfield Stadium — die tuiste van die Engelse sokkerspan Liverpool FC — is vernoem in eerbied van die slag.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika in woord en beeld, Cameron & Spies, Human & Rousseau uitgewers, 1986 (ISBN 0-7981-1977-2).
- Slegtkamp van Spioenkop. Oorlogsherinneringe van Kapt. Slegtkamp. Saamgestel uit sy dagboek deur Dirk Mostert. Kaapstad, Nasionale Pers, 1935.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Breytenbach, Johan Hendrik (1973). "HOOFSTUK 6 DIE SLAG VAN SPIOENKOP 1. INSTRUKSIES VIR DIE BESETTING VAN SPIOENKOP uit: Die stryd in Natal, Jan. – Feb. 1900. Vol. 3. Die Geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika, 1899–1902" (PDF). Besoek op 22 Maart 2024.
- Conan Doyle, Arthur (1902). "The Great Boer War Chapter XV: Spion Kop" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2006. Besoek op 22 Maart 2024.
- Reitz, Deneys. "Chapter IV: The Battle of Spion Kop, uit Commando". ourcivilisation.com (in Engels). Besoek op 22 Maart 2024.