Nothing Special   »   [go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Montenegryne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Montenegryns.
Montenegryne

'n Groep Montenegryne tussen 1855 en 1865.
Totale bevolking: ca. 500 000[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Montenegro Montenegro 278 865[2]

Vlag van Turkye Turkye 100 000[1]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 40 000[1]
Vlag van Serwië Serwië 38 527[1]
Vlag van Argentinië Argentinië 30 000[1]
Vlag van Duitsland Duitsland 25–30 000[1]
Vlag van Luxemburg Luxemburg 12 000[1]
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina 10 071[1]
Vlag van Chili Chili 7 000[3]
Vlag van Kroasië Kroasië 4 517[4]
Vlag van Kanada Kanada 2 970[5]
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 2 686[6]
Vlag van Slowenië Slowenië 2 667[7]
Vlag van Australië Australië 1 171[8]
Vlag van Albanië Albanië 366[9]

Taal: Montenegryns, Serwies (Serwo-Kroaties)
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk met minderhede van Rooms-Katolieke Kerk en Islam
Verwante etniese groepe: Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene[10]

Die Montenegryne (Montenegryns: Црногорци / Crnogorci, [tsr̩nǒɡoːrtsi] of [tsr̩noɡǒːrtsi]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Montenegro en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Montenegryns, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Montenegro en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 45% van dié land se bevolking uit.

Taalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2011, rooi is Montenegryns en blou Serwies
Taalkundige struktuur van Montenegro volgens nedersettings in 2003, rooi is Montenegryns en blou Serwies

Wêreldwyd leef daar sowat 500 000 Montenegryne, waarvan 278 865 in Montenegro. Daarbenewens vorm Montenegryne belangrike minderhede in Serwië, Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Noord-Masedonië, Slowenië en Albanië. Naas Montenegryne vorm Serwiërs die grootste etniese minderheid in Montenegro met 178 110 (28,7%).

Montenegryne word soms as 'n subgroep van die Serwiërs en soms as 'n eie etniese groep langs ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Serwiese dialek of as 'n selfstandige taal.[11]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 (sr) "Širom svijeta pola miliona Crnogoraca". Radio i Televizija Crne Gore. 20 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op 9 April 2016.
  2. (sr) "Census of Population, Households and Dwellings in Montenegro 2011" (PDF). 12 Julie 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2020. Besoek op 9 April 2016.
  3. (sr) "Stojović: U Čileu živi 7000 potomaka Crnogoraca". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 April 2016.
  4. (en) "Ethnic minorities in Republic of Croatia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2019. Besoek op 9 April 2016.
  5. (en) "2011 National Household Survey: Data tables". Besoek op 9 April 2016.
  6. (en) Official Results of Macedonia census 2002, State Staticistal Office of the Republic of Macedonia Geargiveer 13 November 2009 op Wayback Machine
  7. (en) "Statistini urad RS – Popis 2002". Besoek op 9 April 2016.
  8. (en) "20680-Ancestry (full classification list) by Sex – Australia". 2006 Census. Australian Bureau of Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike (Microsoft Excel download) op 10 Maart 2008. Besoek op 2 Junie 2008.
  9. (en) "Census 2011 Data: Resident population by ethnic and cultural affiliation". The Institute of Statistics of Republic of Albania. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2017. Besoek op 5 April 2014.
  10. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, South". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2016. Besoek op 9 April 2016.
  11. (en) John K. Cox (1 Januarie 2002). The History of Serbia. Greenwood Publishing Group. p. 8. ISBN 978-0-313-31290-8.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]