Ehud Barak
Ehud Barak אהוד ברק (he) | |
In 2016 | |
Adjunk-premier van Israel
| |
Ampstermyn 18 Junie 2007 – 18 Maart 2013 | |
Voorafgegaan deur | Amir Peretz |
---|---|
Opgevolg deur | / |
Minister van Industrie en Handel
| |
Ampstermyn 24 September 2000 – 7 Maart 2001 | |
Voorafgegaan deur | Ran Cohen |
Opgevolg deur | Dalia Itzik |
Minister van Onderwys
| |
Ampstermyn 24 September 2000 – 7 Maart 2001 | |
Voorafgegaan deur | Yossi Sarid |
Opgevolg deur | Limor Livnat |
Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling
| |
Ampstermyn 24 Junie 2000 – 7 Maart 2001 | |
Voorafgegaan deur | Haim Oron |
Opgevolg deur | Shalom Simhon |
Ampstermyn 6 Julie 1999 – 7 Maart 2001 | |
Voorafgegaan deur | Benjamin Netanyahu |
Opgevolg deur | Ariel Sharon |
Minister van Immigrasie en Opname
| |
Ampstermyn 6 Julie 1999 – 5 Augustus 1999 | |
Voorafgegaan deur | Yuli-Yoel Edelstein |
Opgevolg deur | Yuli Tamir |
Minister van Toerisme
| |
Ampstermyn 6 Julie 1999 – 5 Augustus 1999 | |
Voorafgegaan deur | Moshe Katsav |
Opgevolg deur | Amnon Lipkin-Shahak |
Minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 18 Junie 2007 – 18 Maart 2013 | |
Voorafgegaan deur | Amir Peretz |
Opgevolg deur | Moshe Ya'alon |
Ampstermyn 6 Julie 1999 – 7 Maart 2001 | |
Voorafgegaan deur | Moshe Arens |
Opgevolg deur | Binyamin Ben-Eliezer |
Minister van Wetenskap
| |
Ampstermyn 6 Julie 1999 – 5 Augustus 1999 | |
Voorafgegaan deur | Silvan Shalom |
Opgevolg deur | Matan Vilnai |
Lid van die Knesset
| |
Ampstermyn 24 Februarie 2009 – 5 Februarie 2013 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Ehud Brog 12 Februarie 1942 Mishmar HaSharon, Britse mandaat van Palestina (tans Israel) |
Politieke party | HaAvoda (Arbeidsparty, tot 2011), Ha'Atzma'ut (Onafhanklikheid, 2011-2012), onafhanklik (2012-2019), Yisrael Demokratit (Israel Demokratiese Party, 2019-nou), boonop: Yisrael Ahat (Een Israel, 1999-2001) |
Eggenoot/-note | Nava Cohen (1968-2003, geskei), Nili Priel (2007-nou) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Hebreeuse Universiteit van Jerusalem, Stanford-universiteit |
Generaal
| |
Lojaliteit | Israel |
Diens/Tak | Tzahal (Israelse Weermag) |
Jare in diens | 1959-1995 |
Rang | luitenant-generaal (Rav aluf) |
Eenheid | Sayeret Matkal, Aman (Militêre Intelligensiediens), Sentrale Kommando, opperbevelhebber |
Oorloë/Veldslae | Sesdaagse Oorlog, Jom Kippoer-oorlog, Operasie Entebbe |
Ehud Barak (gebore 12 Februarie 1942) is 'n Israelse linkse politikus en 'n voormalige generaal. Hy was die Tzahal (die Israelse Weermag) se opperbevelhebber as ook die eerste minister gewees.
Barak is gebore en het grootgeword in 'n kibboets naby die kusstad Netanya. Na sy verpligte militêre diens het hy 'n beroepsoldaat geword. Hy was 'n bevelvoerder van die elite spesiale-mageenheid Sayeret Matkal en is by allerlei operasies betrek, soos Operasie Entebbe in 1976. Uiteindelik is hy tot generaal bevorder en was van 1991 tot 1995 die Weermag se opperbevelhebber (Rav aluf). Saam met twee ander is hy die mees gedekoreerde soldaat in die Israelse geskiedenis.
In 1995 het hy na die politiek oorstap. As 'n lid van die HaAvoda-party (Arbeidsparty) het hy die minister van Binnelandse Sake in die Rabin II-kabinet, en 'n jaar later ook 'n lid van die Knesset geword. Vanaf 1999 tot 2001 was hy die tiende eerste minister, en leier van die Barak-kabinet. In Mei 2000 het hy die Israelse Weermag uit die suidelike Libanon laat terugtrek. In Julie 2000 het die Amerikaanse president Bill Clinton in Camp David in die Verenigde State probeer om vrede te bewerkstellig tussen Israel (verteenwoordig deur premier Barak) en die Palestyne (verteenwoordig deur president Jasser Arafat). Hierdie poging het vernaamlik uitgeloop op die verdeling van Jerusalem en die vraagstuk van die Palestynse vlugtelinge. In September 2000 het hy te make gekry met die Palestynse Tweede Intifada, wat uitgebreek het nadat Ariel Sharon die Tempelberg besoek het.
Na sy premierskap het Barak homself uit die politiek onttrek om in 2007 opnuut terug te keer. Van daardie jaar tot 2013 was hy die minister van Verdediging in die kabinette Olmert en Netanyahu II en opnuut van 2009 tot 2013 'n Knesset-lid.
Na hy die politiek in 2013 weereens verlaat het, het hy in 2019 die politieke party Israel Demokratiese Party gestig, wat in die verkiesing van September 2019 een setel gewen het, maar wat nie deur hom ingeneem is nie.
Ehud Barak is vir die tweede keer getroud en het drie kinders. Hy is 'n klassieke amateur-pianis, en het natuur- en wiskunde aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem en toegepaste ekonomie aan die Stanford-universiteit studeer.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Ehud Barak (bo, tweede van links) met sy ouers en broers (1964).
-
Ehud Barak as die Israelse Weermag se opperbevelhebber (1993).
-
Die Palestynse president Jasser Arafat en premier Ehud Barak skud hande, met die Amerikaanse president Bill Clinton in die agtergrond (1999).
-
Die Russiese president Wladimir Poetin skud die hand van premier Ehud Barak (2000).
-
Ehud Barak as die minister van Verdediging woon 'n plegtigheid op Jom haZikaron by (2008).[1]
-
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Hillary Clinton en minister van Verdediging Ehud Barak, met Jerusalem in die agtergrond (2010).
-
Generaal Benny Gantz word bevorder tot opperbevelhebber deur premier Benjamin Netanyahu en minister van Verdediging Ehud Barak (2011).
-
Ehud Barak besoek die Pentagon as die Israelse minister van Verdediging (2011).
-
Ehud Barak as die Onafhanklikheidsparty se voorsitter (2012).
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Jom haZikaron is die Gedenkdag vir Israel se Gevalle Soldate en die Slagoffers van Terrorisme.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ehud Barak.
- Knesset se webwerf
Voorafgegaan deur Benjamin Netanyahu |
Eerste Minister van Israel 1999-2001 |
Opgevolg deur Ariel Sharon |
- Geboortes in 1942
- Lewende mense
- Israelse adjunk-premiers
- Israelse Jode
- Israelse militariste
- Eerste Ministers van Israel
- Lede van die Knesset
- Generaals
- Ministers van Binnelandse Sake
- Ministers van Buitelandse Sake
- Ministers van Ekonomie
- Ministers van Immigrasie
- Ministers van Landbou
- Ministers van Onderwys
- Ministers van Toerisme
- Ministers van Verdediging
- Ministers van Wetenskap