Nothing Special   »   [go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Jiddisj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jiddisj
ייִדיש‎, יידיש‎ of אידיש‎ ; yidish/idish/yidish 
Uitspraak: [ˈjɪdɪʃ] of [ˈɪdɪʃ]
Gepraat in: Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Israel Israel
Vlag van Moldowa Moldowa
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Pole Pole
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Swede Swede
Vlag van Belarus Belarus 
Gebied: Sentraal- en Oos-Europa
Totale sprekers: 1,8 miljoen
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Hoog-Duits
    Jiddisj 
Skrifstelsel: Gewysigde Hebreeuse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Joodse Outonome Oblast
Gereguleer deur: YIVO (de facto)
Taalkodes
ISO 639-1: yi
ISO 639-2: yid
ISO 639-3: yid

Jiddisj (ייִדיש‎, יידיש‎ of אידיש‎, yidish/idish/yidish, [ˈjɪdɪʃ] of [ˈɪdɪʃ]; Engels: Yiddish, van Duits Jiddisch: Jüdisch) of Mamme-Losjen (מאַמע-לשון, "Moedertaal") is 'n Wes-Germaanse taal met Hebreeuse en Slawiese elemente wat meestal met die Hebreeuse alfabet geskryf word. Jiddisj het gedurende die Hoë Middeleeue uit die Middelhoogduitse taal ontwikkel en is nog steeds nou verwant aan moderne Hoogduits en sy dialekte. Dit was veral die Joodse bevolking van Pole en Rusland wat die bestaande Middelhoogduitse verkeerstaal – 'n dialek met Hebreeuse leenwoorde – tot 'n skryftaal uitgebou het (soortgelyk aan die Romaanse taal Ladino wat nou verwant is aan Spaans).

Kaart van Jiddisje dialekte in Sentraal-Europa

Die Jiddisje taal word in twee hoofdialekte, Wes-Jiddisj en Oos-Jiddisj, verdeel. Met die Europese Verligting en die toelating tot volledige burgerregte het die meerderheid van die Wes-Europese Joodse bevolking begin om die plaaslike tale oor te neem.

Nadat die Joodse bevolking van Sentraal-Europa in die laat Middeleeue na die oostelike deel van die vasteland verdryf is, het hulle in spesifieke buurte, die shtetls, van Slawiese stede gewoon. Jiddisj het 'n groot aantal leenwoorde en wendings uit Pools en Russies oorgeneem, maar het danksy die oorwegend Duitse woordeskat wesentlik 'n Germaanse taal gebly wat oor 'n ryk literêre tradisie beskik. Die tydperk tussen 1800 en 1900 word as die Goue Era van die taal beskou.

Voor die Holocaust was Jiddisj die moedertaal van sowat twaalf miljoen mense in oostelike Sentraal-Europa en in Oos-Europa, veral Asjkenasiese Jode. Grootskaalse emigrasie het die taalgebied van Jiddisj veral na Israel en die Verenigde State verskuif. Tans is daar nog sowat drie miljoen oorwegend Joodse sprekers dwarsoor die wêreld. Naas ouer sprekers van alle Joodse geloofsrigtings word Jiddisj vandag veral deur Chassidiese Jode as omgangstaal gebesig.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Jiddisj
  • Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Jiddisj.
  • (en) "Yiddish language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 September 2018.
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale
Noord-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands
Wes-Germaanse tale:
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots
Oos-Germaanse tale:
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†)